Laerskool Kruinpark

Ons Skool

Ons Skool

Skool se Geskiedenis.

Laerskool Kruinpark, as vierde Afrikaans Medium Laerskool open op 11 Januarie 1989 met 571 leerlinge en 26 onderwysers.

Op 24 Februarie word die skool amptelik as Laerskool Kruinpark met die leuse “Glo, Leer en Leef” bekend gestel.  Mnr. D.J.F. Laubscher word aangestel as die eerste permanente hoof van Laerskool Kruinpark.

Met toewyding en liefde begin Mnr. D.J.F. Laubscher om die leë turf op te bou tot 'n uitnodigende en kindervriendelike speelterrein. Die Juniorspeelgrond is binne die eerste kwartaal geplant. Geen harde werk was te swaar vir oom Dirk se hande nie!

Die ouer gemeenskap is van die begin af positief betrokke by die skool.

Mnr. B. Viljoen word verkies tot voorsitter van die eerste bestuursraad van die skool. Op 26 Junie 1989 word 500 vierkante meter grassooie tydens 'n reuse grasplantaksie deur hoof, personeel en leerlinge gelê, danksy 'n donasie deur ouers. Teen 18 April is die atletiekbaan en eerste rugbyveld reeds gevestig.

Theo Vermaak en Sonja Greeff word aangewys as die eerste hoofseun en hoofdogter van Laerskool Kruinpark.

Om aan die groeiende behoefte van werkende ouers te voldoen, open Laerskool Kruinpark in 1995 'n naskoolsentrum.  Die naskoolsentrum is beskikbaar vir Laerskool Kruinpark leerders vanaf graad 000 regdeur tot graad 7.

Op 1 Januarie 2001 open Kruintjie Kleuterskool sy deure met Me. Ina Penzhorn as hoof.  Kruintjie Kleuterskool het graad 000, graad 00 en graad R klassies. Die kleuterskole het ook hul eie veilige speelgronde, weg van die laerskool se speelgronde.


welkom

Mnr. C.A.D. Heese is as hoof aangestel by Laerskool Kruinpark in 2018.  Hy het ‘n massiewe projek van staple gestuur vanweë die besef dat tegnologie, robotika en innoverende denke, ons leerders se toekoms gaan wees.  Vanaf 2019 tot 2021 word elke klaskamer toegerus met slimborde wat aanlyn werk.

Laerskool Kruinpark word in Januarie 2020 die eerste Afrikaanse skool in Mpumalanga wat Robotika en Kodering as vak aanbied vir graad R tot en met graad 7 leerders.  Laerskool Kruinpark is nou betrokke met ander skole om hulp en leiding te bied wat ook Robotika en Kodering wil aanbied en het menigte skole al op ons skoolterein verwelkom. 

In 2022, onder leiding van meneer Cuen Coetzee, skryf Laerskool Kruinpark ons eerste Lego League span in om aan die First Lego League, Gauteng Suid se streek kompetisie deel te neem en ontvang hulle ‘n 2de plek vir “core values award”  Tegnologie is die pad vorentoe en Laerskool Kruinpark poog om die fondasie vir ons leerders se toekoms stewig vas te lê!

Saal

Die skool se badkamers kry in 2021 'n nuwe baadjie wat beslis die reputasie van skoolbadkamers 'n nekslag toedien! Met moderne teëls, nuwe spieëls, gordyne en opgegradeerde toilette, gebruik leerlinge en besoekers met vrymoedigheid die badkamers.

Laerskool Kruinpark is die eerste skool in Secunda en omliggende omgewings wat wegbeweeg het van die tradisionele leiers kies en ‘n leierontwikkelingsprogram begin het in 2021, waar die hele graad 7 groep deel is van die ontwikkelingsprogram en op ‘n roterende basis elkeen geleentheid kry om aan alle aktiwiteite by die skool deel te wees op verskeie vlakke. 

Elke graad 7 leerder kry ‘n beurt om vir die skool te open, die vlag te hys, by aktiwiteite leierskap te neem, organisering van geleenthede ens.

Laerskool Kruinpark het klein begin, maar gegroei tot 'n moderne, netjiese, goed instandgehoude en toegeruste skool wat voorsien aan die behoeftes van leerders en hul ouers deur 'n volledige diens te lewer met 'n kleuterskool, skool en naskoolsentrum, sowel as ‘n busdiens, op een terrein.

Alhoewel Kruinpark die jongste skool in Secunda is, het die skool reeds gevestigde tradisies wat van elke leerling 'n ware Kruinparker maak!

Ons skool is gevestig in, en volg Christelike waardes.

Ons skool het puik, gekwalifiseerde onderwysers.

Ons stap die ekstra myl om aan elke leerder se behoeftes te voldoen.

Elke kind is uniek en word geleentheid gebied om deel te neem aan akademie, sport & kultuur.

Laerskool Kruinpark bied ‘n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite sodat daar vir elkeen iets is.

Hier by Laerskool Kruinpark word groot klem gelê op akademie.

Ons onderwysers maak seker dat elke kind veilig en geliefd voel.

Elke kind word ontwikkel tot hulle volle potensiaal deur top onderrig van top gekwalifiseerde onderwysers. 

Elke kind is vir ons spesiaal en nie net ‘n nommer nie.

Daar vind deurlopende kommunikasie tussen onderwysers en ouers plaas op D6 Connect en Facebook.

Kruinpark is ‘n skool waar die Hoof, Mnr. Danie Heese se deur altyd oopstaan vir ouers.  U kind se welstand is vir ons belangrik!

Kruinpark is voorwaar DIE SKOOL waar elke leerder ‘n geleentheid kry om te ontwikkel!


Onderwysers

Skoolhoof

Mnr Danie Heese

Adjunkhoof

Barnie Botha

Departementshoof

Lida Kamfer

Departementshoof

Marianna Victor

Departementshoof

Diana van Wyk

Departementshoof
Jan-Divan Preuyt
Departementshoof
Johann Grib

Senior Fase

Marié Grib

Jolinda van der Merwe

Stefan Nienaber

Hennie Senekal


Intermediêre Fase

Hildé Kleyn

Lizelle Carter

Carel du Plessis

Wihan Engelbrecht

Marianne Jordaan

Corné Kriel

Nicole Mac Farlane

Corrie Smit

Bernadine Jansen van Vuuren

Cuen Coetzee - Robotika Seniors

Jurene Kemp

Anja Kock

Grondslagfase

Magda du Plessis

Sharné Engelbrecht

Hanneri Fourie

Wilmarie Greyvenstein

Nikita Kriel

Stefanie Barnard

Menissa Pieterse

Anjo Slabbert

Celesté Preuyt

Soné Sykes

Natasha Visagie

Melanie Greeff

Stephanie van Zyl


Pre-Primêr

Nadine Barnard

Karin Filmalter

Ninette Booysen

Bianca Botes

Nadia Erasmus

Connie Jefferies

Roelanda van Reenen

Susan Bruwer

Duné Kruger
Lientjie jansen van Rensburg
Magda Stemmet
Leandri Katzke

Onderwyser Assistent

Danieël Heymans

Charnél van der Walt

Angélique Boardman

Zeldine Dry


Finansies

Ankia Emslie

Shirley Naudé

Liza Mari van Deventer


Bemarking en Administrasie

Skakelbeampte & Bemarking

Anita de Beer

Administrasie

Jakkie Dreyer

Administrasie

Selesté van Dyk

Administrasie

Lientjie Wolhuter


Nasorg

Ons huisie weg van die huis maak voorsiening vir die versorging van werkende ouers se kinders.

Met hulle eie klasse en badkamers, is dit die ideale omstandighede. Die sentrum is veilig omhein met 'n eie speelgrond en klimrame. Onder die leiding van die hoof, me Jurien Kemp, word die huiswerk en buitemuurse aktiwiteite van die leerders goed bestuur en gekoördineer.

Die personeel van Kruinpark-Naskoolsentrum maak ook seker dat vakansies nie 'n straf vir die kinders is nie. Hulle word besig gehou met kuns-projekte, bak en brou, "fancy-dress" en prettige aktiwiteite soos springkastele en waterwurms. Geen ekstra fooie word vir vakansies betaal nie.

Die groot afdak verseker dat die leerders nie vasgekluister in die klasse sit as die weer nie die dag saamspeel nie. Die sentrum is ook toegerus met TV’s en DVD-spelers vir daardie ysige hoëveldse wintersdae wanneer niemand buite wil wees nie.

Die naskoolsentrum jaar strek vanaf die dag as die skool begin in Januarie tot 15 Desember. Naskoolsentrum ure: Gedurende die kwartaal : 13h00 - 17h30  Gedurende vakansies : 06h30 - 17h30 

Nasorg Personeel

Nicolene Scholtz
Hester Steinmann
Yolandé Strydom
Anita van Heerden
Brooklyn Badenhorst
Zandré Bezuidenhout
Nina-Marie Claassens
Chantel Goosen
Melissa van Zyl
Landi Venter
Petro Venter
Marlene Leipoldt
Amanda Nel
Amanda Paxton
Shanique Paxton
Gerald-dine Heymans
Johandri Janse van Rensburg
Marinda Kleynhans
Jeanri le Grange