Sport
Sport
Rugby
Rugby spanne is van O/9 A en B tot 2de en 1ste span. Kruinpark speel in die Superliga en is tans die kleinste wat getalle betref in die Superliga. In 2018 het die O/11 A Span 2de plek behaal met KykNet se Rugbyrumme en eindig hulle 3de in die Hoëveldreeks.
Pumaki Rugby
Pumaki Rugby word vir Gr R, Gr 1 en Gr 2 aanegbied en vind plaas in die 2de kwartaal. Ons kompeteer tans teen plaaslike skole ter voorbereiding vir senior Rugby. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om liefde vir die spel te ontwikkel.
Atletiek
Ons streef elke jaar daarna om ons atletiek te verbeter en ‘n passie in die kinders te kweek. In 2018 was daar 3 atlete SA’s toe en streef ons elke jaar om daarop te verbeter!
Netbal
Netbal spanne is van O/11 A en B tot O/13 A en B. Die O/10 tot O/13 dogters gaan elke jaar op ‘n netbaltoer en het verskeie kursusse wat aangebied word vir die dogters. Klinieke word aangebied.
Krieket
Krieket spanne is van O/9 tot O/13. Kruinpark speel in die Superliga en al is ons tans die kleinste wat getalle betref, het ons O/11 Krieketspan in 2018 as Mpumalanga Naaswenners uitgestap!
Gholf
Gholf word deur Mnr. Johann Grib aangebied vir leerlinge wat reeds gholfvaardighede het. Daar is ‘n paar toernooie waaraan hulle deelneem elke jaar asook ‘n toer waarop hulle gaan.
Landloop
‘n Groot groep atlete, vanaf O/7 – O/13 het hard gewerk in die landloopseisoen. Daar was verskeie byeenkomste waarvan Laerskool Goedehoop, Kallie de Haas en Hoëveldgroep vriendskaplike byeenkomste was.
Die Zone byeenkoms (Hoëveldrif) was ‘n Kampioenskapsbyeenkoms en 7 atlete het deurgedring na Gert Sibande.
- Danell Eksteen
- Mart-Mari Lourens
- Jordan Webb
- Luzelke van Wyk
- Ilse-Marie Eksteen
- Amelia Shaw
- Anja du Toit
5 van die atlete het deurgedring na die Mussa byeenkoms. Luzelke van Wyk het deurgedring na die S.A. Landloopkampioenskappe waar sy 7de geïndig het in haar ouderdomsgroep.
Kruinpark Landloop is van hoogstaande gehalte en groei ons elke jaar ons leerders se potensiaal!
Skaak
Ons het 5 skaakspanne wat aan die plaaslike liga deelneem. O/9, 0/11, O/13 Dogters en ‘n O/13 B-span.
Ons het ook ‘n O/7 span (Graad een) wat net vriendskaplik deelneem.
In 2017 het ons 3 spanne gehad wat aan die Mpumalanga skole-skaak deelgeneem het. Die O/9 span was Mpumalangawenners.
In 2018 het 2 spanne aan die Mpumalanga skole-skaak deelgeneem. Die O/13 B-span het ‘n 2de plek en die O/9 span ‘n 3de plek behaal.
Ter wille van ons kinders probeer ons voveel as moontlik leerders kans gee om ook saam te oefen. Skaak is immers dié sport wat jou brein ontwikkel en jou Wiskunde vaardighede verbeter.