Laerskool Kruinpark

Akademie_Kruinpark

Akademie

Kruintjie Pre-primêr: Graad 000, Graad 00 En Graad R

By Kruintjie pre-primêr, graad 000 en graad 00 volg ons ‘n gestruktureerde dagprogram en gebruik ons die ELDA Kurrikulum.  Die Kurrikulum is deur die Onderwysdepartement uitgewerk vir die kleuterskool ouderdom kleuters.  Deurlopende assessering is vir ons belangrik en kleuters kry elke kwartaal ‘n rapport.

By Kruintjie se graad R voorskool, gebruik ons die KABV Kurrikulum.  Die Kurrikulum is deur die Onderwysdepartement uitgewerk vir die graad R ouderdom leerders.  Deurlopende assessering is vir ons belangrik en leerders kry elke kwartaal ‘n rapport.

Ons fokus op: Groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, taalvaardighede, posisie in die ruimte, middellyn kruising, patroonvorming, rigting, wiskundige vaardighede, basiese ritmes, musiek en beweging, tegnologie en eksperimente.



Tipiese dagprogram by kruintjie:

  • By Kruinpark kom elke kleuter met ‘n huppel in hul stap by die skool aan.
  • Daarna speel ons lekker binne terwyl ons, ons vingerspiertjies oefen, sodat ons mooi kan teken, verf, ryg en knip.
  • Bybelonderrig.
  • Wiskunde.
  • Wetenskap eksperimente.
  • Lewensvaardighede.
  • Tegnologie. (Graad R maats doen Robotika)
  • Leer juffrou ons speel-speel, alles wat ons moet weet, sodat ons belangrike ontwikkelingsmylpale kan bereik.
  • Daarna oefen ons elke dag ons lyfies sodat ons grootspiere strek en lekker fiks kan word.
  • Buitespel is groot pret terwyl ons lyfies grootspiere strek en ons breine lekker oefen.
  • Ons sing en dans saam met ons maats terwyl ons alles van musiek en ritme leer.
  • Die dag is nou ampertjies verby.  Dit is storietyd, so ons spits ons oortjies mooi en luister wat juffrou lees.
  • Daarna sê ons totsiens vir ons juffrou en ons maats, met ‘n glimlag in ons hart.


Kruinpark Kruintjies

Buitemuurse aktiwiteite:

Ons by Kruintjie het jaarliks ‘n Kruintjie Sportdag, waar die kleuters hulself gate uit geniet!  Kleuters kan ook vanaf graad 00 betrokke raak by die Landsdiens.  Die graad R maats doen ook Mini-Netbal en Pumaki Rugby wat by die skool aangebied word.

Kruintjie pre-primêr het ook by graad 000 en graad 00 in 2022 ‘n wiskunde klub gestig, met die naam Kopkrappertjies, waar ons kleuterskool maats 1 keer ‘n week, op ‘n Vrydag ‘n Kopkrappertjie aktiwiteit lees, waar ons kleuters op verskeie maniere van die lekkerte van wiskunde leer.

Graad R leerders neem ook aktief deel aan Redenaars kompetisie en het Laerskool Kruinpark top presteerders elke jaar vanuit hierdie kategorie.

Wanneer dit Eisteddfod is, neem ons kleuters ook deel in verskeie afdelings en stap weg met uitstekende prestasies!

Ons Kruintjie personeel het ook sensoriese speeldae, waar ons kleuters op alle tasbare maniere sensories ontwikkel.



Ekstra aktitweite:

  • Monkeynastix
  • Beaux-Arts
  • Playball
  • Grasshoppers
  • Groovy Kinetics
  • Taekwondo
  • Rugga Rugby
  • Buzz
  • Taekwondo ATA Tigers

Grondslagfase: Graad 1, Graad 2 en Graad 3.

By Laerskool Kruinpark, glo ons dat grondslagonderwys van kardinale belang is vir die ontwikkeling van ons kinders.  Daarom is dit vir ons belangrik dat vaslegging in die grondslagfase plaasvind, sodat wanneer ons leerders na die intersenfase toe oorgaan, die oorgang gemaklik plaasvind. Laerskool Kruinpark is deel van die publieke skole van die department van onderwys en volg ons die KABV Kurrikulum. 

In die grondslagfase fokus ons op skrif, taal, spelling, en wiskunde vaslegging.  Die onderwysers het weekliks ‘n speltoets wat op Vrydae geskryf word.  Die leerders ontvang die woorde in die begin van die week. 

By Laerskool Kruinpark probeer ons, ons leerders ook op verskeie maniere deelneem en gebruik ons verskillende metodes om leerders interaktief te leer.

Die grondslagfase het ‘n, boeklees, spelfees (taal) en flinkdink kompetisie (wiskunde), asook redenaars (praatjies) wat vanaf graad 1 aan deelgeneem word.

In graad 1 word klem gelê op alfabet, skryf, lees, spelling, wiskunde as begrip en plus en minus, lewensvaardighede en basiese tegnologie (robotika) vaardighede.

Wanneer leerders in graad 2 is, word daar gebou op die vaardighede wat in graad 1 vasgelê is, engels skryf, lees en spel kom by en leerders en raak in wiskunde nou ook aan maal en deel. Basiese termes word nou geleer. Tydens die laaste kwartaal van graad 2 begin die leerders vasskryf aanleer deur die alfabet te oefen en kort sinne te doen.

Die sprong van graad 2 na graad 3, is ‘n redelike sprong en is die eerste kwartaal ‘n redelik aanpassing vir die leerder sowel as die kind.  Die pas van werk is vinniger en die hoeveelheid terminologie wat geleer word is meer.  Vanaf graad 3 skryf u kind vasskrif regdeur en ontvang hulle in die laaste kwartaal hulle “penlisensie”, wat hulle daarna dan met pen begin werk.  Saamwerk met jou kind in graad 3 is baie belangrik, sodat wanneer u kind na die intersenfase skuif, dit ‘n gemaklike skuif is.

Laerskool Kruinpark se graad 1 tot 3 leerders kry daagliks huiswerk.  Ons glo daarin dat wanneer ‘n kind wat daagliks dit wat hy/sy by die skool gedoen het, nagaan, vaslegging plaasvind en dat begrip daardeur geoefen word.  Die personeel gee die huiswerk netjies uiteengesit, afgerol, en in die huiswerkboek geplak, sodat u daagliks presies weet wat u kind moet oefen.

Vakke

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid
  • Bybel
  • Kuns
  • Robotika

Slegs Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardigheid tel deel van die rapport. Graad 1 tot 3, werk met 1 tot 7, waarvan 1 (nie voldoende) en 7 (tenvolle bereik) beteken. Alles word netjies uiteengesit op ons rapporte wat die leerders ontvang kwartaalliks ontvang.


Intermediêre en Senior Fase: Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad 7

Graad 4, 5 en 6 is intermediêre fase en graad 7 is senior fase.  Laerskool Kruinpark is deel van die publieke skole van die department van onderwys en volg ons die KABV Kurrikulum.  Elke vak het sy eie assesseringsbeleid wat gevolg word en dit word deur die departement bepaal.

Vakke: Graad 4, Graad 5, Graad 6

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe en Tegnologie
  • Lewensvaardigheid:
    • Persoonlike Sosiale Welsyn
    • Kuns en Kultuur
    • Ligaamlike Opvoeding
  • Sosiale Wetenskappe:
    • Geografie
    • Geskiedenis

Vakke Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap
  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Lewensoriëntering:
    • Ligaamlike Opvoeding
  • Sosiale Wetenskappe:
    • Geografie
    • Geskiedenis

Toetsreeks / Eksamen

Daar vind deurlopende assessering plaas regdeur die jaar vir alle grade by Laerskool Kruinpark.  Deel van die departementele vereistes is dat intersen (intermediêre en senior fase) leerders elke kwartaal ‘n toetsreeks of eksamen skryf, wat deel uitmaak van die totale punte wat vir Rapport doeleindes gebruik word. Take, projekte, toetse en eksamens dra verskillende gewigte vir elke vak.

Algemene reëls

Sou hierdie reëls nie volledig op ons webtuiste uiteengesit wees nie, sal die leerders wel dit ontvang.

  • LEERDERS MOET ALFABETIES IN DIE KLAS SIT.
  • GEEN VRAESTEL MAG AAN ‘N LEERDER VERDUIDELIK WORD NIE, DIE VRAE MAG SLEGS VIR ‘N LEERDER VOORGELEES WORD.
  • Die SKRYFTYD WORD REGDEUR ‘N VRAESTEL OP DIE BORD VERTOON.
  • SKRYFTYD BEGIN STIPTELIK in die laaste gedeelte van die eerste sessie. Meeste vraestelle duur 60 minute en sal dus ‘n aanvang neem om 9:00.
  • Indien ‘n vraestel 90 minute duur, sal die vraestel se skryftyd om 8:30 ‘n aanvang neem.
  • Leerders se vraestelle moet te alle tye plat op hul tafels lê. ‘n Leerder moet dus nie hul vraestel in die lig hou om te lees nie.
  • GEEN glimpenne (“highlighters”) kleur penne of kleurpotlode mag op die vraestel gebruik word nie (behalwe as ‘n spesifieke vraestel dit verwag).
  • Leerders mag geen prente teken of onnodige krapmerke (bv. “graffiti”) maak op vraestelle nie. ‘n Eksamen-vraestel is ‘n amptelike dokument. Potloodsketse/Kunswerke word slegs in sekere vraestelle toegelaat as deel van vaardighede wat geassesseer word, byvoorbeeld: NW, SW en Kuns.
  • GEEN PENNESAKKIES word OP TAFELS toegelaat tydens die skryf van ‘n vraestel nie: slegs 2x blou penne, 2x potlode, 1x uitveër en 1x liniaal per tafel. (GEEN SAKREKENAAR tydens Wiskunde vraestelle nie, GEEN TIP-EX op enige vraestel nie)
  • Leerders mag GEEN skryfbehoeftes by mekaar LEEN tydens die skryf van ‘n vraestel nie. 10. Tasse/skoolsakke moet voor of agter in die klas teen ‘n muur geplaas word, nie by leerders se tafels nie.
  • Leerders bring ELKE DAG die vak wat geskryf word asook die vak wat die volgende dag geskryf word se LEERWERK saam skool toe. PLATINUM HANDBOEKE / SKOOL LEESBOEKE word INGENEEM nadat die betrokke vak se vraestel afgehandel is.
  • ALLE PLAKKATE in klaskamers moet VERWYDER word/ TOEGEMAAK word.
  • Leerders mag GLAD NIE tydens ‘n vraestel-sessie toegelaat word om OP te STAAN om gebruik te maak van toiletgeriewe nie. Leerders moet hul eie sneusies byderhand hou.
  • GEEN VRAESTEL WORD INGENEEM VOORDAT DIE SKRYFTYD VERSTREKE IS NIE. Leerders moet die volle tyd gebruik om hul vraestelle te voltooi. Indien ‘n leerder ‘n vraestel vroeër afhandel as die aangeduide tyd, moet hy/sy op sy/haar arms lê vir die res van die skryftyd.
  • GEEN LEERDER mag met ANDER LEERDERS GESELS tydens ‘n vraestel nie.
  • GEEN LEERDER/S mag vroeg uitgeteken word tydens eksamen nie, die vroeër tye is ‘n vergunning. (Amptelike skooltye is tot 13:30).
  • Die eksamen bestaan uit 2 sessies, waarin daar verskeie vraestelle geskryf word en administratiewe take voltooi sal word.
  • Indien ‘n leerder nie ‘n vraestel skryf nie, word ‘n Doktersbrief vereis.
  • GEEN vraestelle word op ander tyd / datum as geskeduleer geskryf nie.
  • Enige navrae word SLEGS deur meneer Jan-Divan Preuyt persoonlik hanteer.
  • Kinders trek skoolklere aan en bring tas met leerwerk saam.
  • Sorg asseblief dat leerders volledige stel skryfbehoeftes vir die skryf van eksamen ingepak het.
  • Maak asseblief seker dat kinders goed voorbereid is, ontbyt eet en kos inpak.

Top 10

Top 10 - AKADEMIE

Graad 4 tot graad 7 se top 10 akademiese leerders word elke kwartaal aangewys in die saal en Laerskool Kruinpark bederf ons Top 10 leerders elke kwartaal met 'n lekker ete om dankie te sê vir hulle harde werk.

Goue 10 - AKADEMIE

Leerders wat van kwartaal 1 tot kwartaal 4 in die Top 10 Akademie was, is in die Goue 10 en ontvang sertifikate tydens die skool se prysuitdeling aan die einde van die jaar.


Studiekursus Graad 4

Alle graad 4 Laerskool Kruinpark leerders ontvang ‘n gratis studiekursus, wat deur n juffrou aangebied word, in die tweede kwartaal.  Die leerders het eers ‘n kwartaal, waarin hulle kan aanpas in die nuwe fase met nuwe vakke, wissel, onderwysers en mooi alles onder die knie kry.  Hulle skryf ook hul eerste TOETSREEKS, wat ouers en leerders eers geleentheid kry om presies te sien hoe hierdie nuwe sisteem werk, waarna die juffrou in klasverband in die tweede kwartaal die leerders baie mooi wys hoe om te studier, en alles wat daarmee gepaard gaan.  Aan die einde van die week, op ‘n Saterdag, hou die juffrou ‘n belangrike inligtingsessie met die graad 4 ouers, om hulle ook voor te berei vir die res van hul kinders se skoolloopbaan.  Laerskool Kruinpark se personeel besef dat dit nie net vir die kinders ‘n massiewe sprong en aanpassing is nie, daarom betrek ons ook die ouers by hierdie proses.


Tina Cowley Leessentrum

Laerskool Kruinpark het ook ‘n leeslab wat op ons skoolgronde gevestig is en al reeds vir jare lank, ‘n verskil in ons leerders se lees, spelling en begrip maak. Ouers wat graag hul kinders na die Tina Cowley Leessentrum toe wil laat gaan, kan vir die voogonderwyser ‘n brief stuur of die skoolkantoor kontak, dat ons Tania se besonderhede aan u kan deurgee.  Die leessentrum gaan haal die betrokke leerder/s in hul tydgleuf by hulle klaskamer as hulle nog jonk is en besorg hulle weer terug by juffrou na die tyd.  Ouers kry deurlopend terugvoer oor vordering.  Daar is ook na skool ure tydgleuwe vir leerders om na die leessentrum toe te gaan. Die leessentrum is ‘n buite skoolverband aktiwiteit en kostes verbonde aan die leessentrum is vir ouers.


Admath Ekstra Wiskunde

By Laerskool Kruinpark besef ons ook dat Wiskunde belangrik is vir die toekoms van al ons leerders.  Meneer Wihan Engelbrecht het reeds ‘n paar jaar lank die Admath Ekstra Wiskunde wat hy aanbied vir die top 30 graad 4 tot 7 leerder wat wiskunde punte aanbetref.  Hierdie leerders ontvang ‘n uitnodiging aan die einde van die jaar, waarna ouers kan laat weet of hulle wil hê dat hul kind aan die program deelneem.  Hierdie leerders lê ook eksamens af en ontvang sertifikate vir hul prestasies. Die leessentrum is ‘n buite skoolverband aktiwiteit en kostes verbonde aan die leessentrum is vir ouers.


Remediërende Onderrig

Laerskool Kruinpark het remediërende onderrig vir ons graad 1 tot 3 leerders wat ekstra hulp nodig het in sekere areas soos wiskunde en Afrikaans. Die leerders wat hulp nodig het, word deur die klasonderwyser geïdentifiseer en daar word aan die ouers ‘n uitnodiging gestuur waarin die leerder uitgenooi word om die remediërende klasse by te woon.  Hierdie is slegs vir leerders wat akademies sukkel en uitgenooi word en dra nie ‘n addisionele koste vir ons ouers nie, dit is deel van Laerskool Kruinpark se leerplan.


Naskoolsentrum

Laerskool Kruinpark het ‘n naskoolsentrum wat beskikbaar is vir graad 000 tot en met graad 7 leerders. Vir die graad 1 tot 7 leerders is die naskoolsentrum ook daar om die leerders in die middae te ondersteun met hulle huiswerk en die seniors met hulle leerwerk.  Indien die leerders buitemuurse aktiwiteite het wat hulle moet bywoon, maak die naskool personeel ook seker dat die betrokke leerders betyds by hulle aktiwiteite uitkom.  Die naskoolsentrum personeel sal ook aan ouers terugvoering gee indien hulle sien dat ‘n kind met ‘n seker aspek van huiswerk mee sukkel. Elke graad is in klasverband opgedeel en dit maak dit meer gemaklik vir leerders om in graadverband in die middae huiswerk te doen.  Daar is sekere gedeeltes van huiswerk wat nie tydens naskool tyd gedoen kan word nie en ouers word altyd aangemoedig om steeds elke middag saam met hul kinders deur die werk te kyk en seker te maak dat u kind alles gedoen het.