Laerskool Kruinpark

Help

Help

Gereelde vrae en antwoorde

Laerskool Kruinpark ontvang gereelde vrae en het dit goedgedink om aan u ’n gereëlde vrae en antwoord lys deur te gee, daarom dit vir u makliker te maak om deur die stelsel te navigeer. Die vrae en antwoorde is geensins volledig nie en indien u nie u vraag hier beantwoord kry nie, kontak ons gerus.


Algemeen

07:15 Maandae tot Vrydae. Skoolkantoor is gesluit vakansiedae en tydens kwartaal vakansie.
Die skoolkantoor is in Sheba straat, kyk uit vir Heknommer 1.
Skool leerders mag slegs vroeg uitgeteken word in geval van siekte, dood in naby familie, sport of kultuur aktiwiteite wat skoolverband is.
Voor jy afspraak met die hoof maak, het jy die betrokke personeellid, afrigter, graad hoof ens. in die verband gekontak, of is dit 'n geval wat dringend direk met die hoof bespreek moet word? Kontak die skoolnommer en maak 'n afspraak deur Lientjie Wolhuter by die skoolkantoor.

Skool

Laerskool Kruinpark volg 'n 6 dag akademiese rooster vir ons graad 4 tot 7 Kruinpark leerders, wat op 'n roterende basis werk. Wanneer daar 'n vakansiedag of 'n sport of kultuur aktiwiteit is wat die dag se rooster deurmekaar werk, sal die skool op D6 Connect u laat weet wat die akademiese rooster dag is vir die volgende dag.
Die kleredrag reëls is beskikbaar op die D6 Connect Toep onder hulpbronne, sowel as op die webtuiste vir u gemak.

Inskrywing en Toelating

  • Onverkorte (Unabridged) geboortesertifikaat
  • Kliniek kaart
  • Beide biologiese ouers se identiteitsdokumente
  • Bewys van adres
  • Vorige skool se laaste rapport
  • Oorplasingskaart van vorige skool (indien van skole verander)
Ja, beslis, kontak 017 634 8242 om 1n afspraak met ons te maak.
Stuur 'n E-pos aan skoolfonds@kruinpark.co.za, met u navrae.
Nee, ons hef geen registrasie fooie nie.

Skoolfonds

Ja, Laerskool Kruinpark hef skoolfonds.
Die skoolfonds is vooruitbetaalbaar, oor 'n 10 maande periode.
Ja, u is welkom om die skoolgelde vooruit te betaal, indien u voor 28 Februarie u skoolfonds ten volle vereffen het, kwalifiseer u vir 'n 10% korting op u skoolfonds.
Kontak die Debiteureklerk per E-pos by debiteure@kruinpark.co.za en maak met haar ‘n afspraak om aansoek te doen vir hulpfonds. Indien u kwalifiseer vir hulpfonds, sal die stappe vir u mooi verduidelik word.

Klerewinkel

Ja, Laerskool Kruinpark het 'n klerewinkel waar ons skoolklere verkoop. Die wit hemde, grys broeke, kouse en skoene kan by enige winkel aangekoop word. Dit word nie deur ons klerewinkel verkoop nie.
Nee, Laerskool Kruinpark verkoop nie tweedehandse klere nie. Ons het wel 'n klere bank met tweedehandse klere wat deur ouers geskenk word. Ons was die klere en stel dit beskikbaar vir ouers wat dit finansieel nie kan bekostig nie. Die ouers saam met hul leerders maak by die Debiteure klerk 'n afspraak en sê wat se items benodig word, waarna 'n afspraak gemaak word wat die ouer en leerder kan inkom om te kom pas, as daar van daardie klere beskikbaar is.
Moet asseblief nie net gelde EFT sonder om die kwotasie te ontvang en seker te maak oor die korrekte verwysingsnommer nie, anders kan die gelde nie reg allokeer word nie.
Nee, geen klere mag die klerewinkel verlaat, voordat volle betaling ontvang is nie.
Nee, u kan kontant, kaart, of EFT werk. Maak altyd eers net seker oor u verwysing vir EFT voordat u 'n betaling doen.
Leerders dra 'n wit skool knopies hemp. Maak seker dat u die skool se kleredrag reëls op D6 Connect, onder hulpbronne aflaai, dat u seker is van die skool reëls.
Ja, beslis! Ons het in verskillende groottes beskikbaar vir u!
Nee, die klerewinkel is nie oop op Vrydae, naweke, publieke vakansiedae of tydens skoolvakansies nie.

D6 Connect

Dit is Laerskool Kruinpark se enigste offisiële kommunikasie kanaal wat ons gebruik om aan u omsendbriewe, belangrike inligting en die kalender deur te gee.
Maak asseblief seker dat u D6 CONNECT (grys ikoon) afgelaai het. Die kans is goed dat u D6 Communicator afgelaai het, wat 'n ander toep is.
Daar is twee maniere hoe u aan u kind gekoppel kan word. As ondersteuner of as 'n ouer. Indien daar enige teenstrydigheid is met betrekking tot u identiteitsnommer of selfoonnommer wat nie ooreenstem teenoor die data wat u op die toep ingevoer het en dit wat ons op ons D6 stelsel het, sal dit nie u as 'n ouer lees nie en u as 'n ondersteuner laai. Langs u kind se naam sal daar 'n ogie wees vir ondersteuner en 'n mens ikoon vir ouer. Indien dit 'n ogie is, gaan na u verstelling opsie ikoon regs bo in u toep en gaan maak verstellings sodat u identiteitsnommer en selfoonnommer bywerk word. Indien u sukkel, skakel gerus 0176348242 OPSIE 1 en praat met die skakelbeampte wat u sal ondersteun.
U is dan nie as 'n ouer gekoppel nie, volg die stappe soos in die vorige vraag uiteengesit.
D6 Connect is baie oulik en werk deur Sticitt, wat 'n digitale beursie is. Dit is BAIE BELANGRIK dat wanneer u die betaling na u digitale beursie doen, u die stappe noukeurig volg en die KORREKTE VERWYSING gebruik, sodat D6 en Sticitt u betaling dienooreenkomstig kan allokeer. Daarna volg u net die stappe soos op D6 aan u gegee om betalings aan projekte wat aan u kind se naam gekoppel is, te doen.
Indien u nie die korrekte verwysing gebruik het nie, kan D6 nie u gelde allokeer nie. Gebruik asseblief die help funksie in D6 om direk met D6 te kommunikeer. Laerskool Kruinpark ontvang nie u gelde wat in die digitale beursie gebruik word nie en kan u nie ondersteun in hierdie verband nie. D6 sal u spoedig help. Indien u wel die regte verwysing gebruik het, gee asseblief tot 48 ure kans, as u van 'n ander bank as FNB af oorbetaal het, vir die gelde om in u digitale beurse te verskyn.
U moet asseblief na die instellings toe gaan en dan die pas kanale opsie kies vir Laerskool Kruinpark. Daar is verskeie kanale beskikbaar vir junior, sowel as senior leerders. Kliek asseblief al die opsies wat op u kind van toepassing is. Na u dit gedoen het, sal u kalender op datum wees.
Daar is verskeie kanale wat u as ouer outomaties van deel is, soos die graad of die klas wat u kind tans in is. Indien u kind deel word van 'n sport of kultuur span, of 'n sekere aktiwiteit, word daar kanale spesifiek daarvoor gestig, wat beide ouers deel gemaak word van daardie span, sodat ons seker is dat u kommunikasie ontvang wat spesifiek vir u bedoel is.
Die skool kan ongelukkig nie u foon se verstellings opsies van ons kant af beheer nie. Wanneer 'n boodskap uitgestuur word, word die kennisgewing opsie gebruik. Wat wel gebeur is dat sekere foon modelle en hul instellings, van so aard is, dat dit nie kennisgewings toelaat van alle toep soorte nie. U het nodig om na u spesifieke foon se instellings te gaan, dan na die toep opsie en seker te maak dat dit toelaat om kennisgewings te ontvang.

Akademie

Ja, Laerskool Kruinpark het Robotika as 'n vak vir Kruinpark leerders vanaf graad R tot 7.
Goeie vraag! Wanneer leerders genoegsame rekenaarvaardighede en programmering kan toepas, is hulle gereed om so projek aan te pak en voltooi. Robotika op skoolvlak is meer die blootstelling van integrasie van tegnologie in ons alledaagse lewe. Daarmee saam, het ons skool 'n Lego League, waar leerders betrokke kan raak en programmering deel van die league is.
Laerskool Kruinpark se leerders kom almal skool toe, in skooldrag, met hulle tasse. Ons het 2 sessies, waartydens die leerders of eksamen skryf, of voorbereiding doen vir die volgende eksamen. Die skool het 'n vergunning tydens eksamentyd dat leerders vroeër mag huis toe gaan om voorbereiding vir eksamen te doen en te leer. Leerders mag NIE voor die tyd uitgeteken word by die skool nie. Leerders wat nie 'n vraestel geskryf het nie, moet 'n geldige doktersbrief of begrafnisbrief van 'n naby familielid inhandig en die ouer moet die departementshoof onmiddellik in kennis stel.
Ja, die Kruintjie Kleuterskool, graad RRR en graad RR, volg die ELDA kurrikulum wat deur die departement van onderwys uitgewerk is vir kinders van kleuterskool ouderdom. Kruintjie Pre-primêr volg die KABV kurrikulum wat deur die departement van onderwys voorgeskryf word.

Sport

Laerskool kruinpark se sport missie is om 'n profesionele, vreugdevolle en unieke sportsisteem vir die Kruinpark gemeenskap te bied.
  • Doelwitte wat aanpas by elke kind en sportsoort.
  • 'n Sportkultuur wat 'n omgewing skep vol respek en omgee.
  • Tradisies.
  • Goeie waardes.
  • Opgeleide en doelgerigte afrigters.
  • Fisiese ontwikkeling.
  • Emosionele ontwikkeling.
  • Sosiale ontwikkeling.
  • Motoriese ontwikkeling.
  • Leerders kry meer blootstelling in 'n alternatiewe leeromgewing.
  • Atletiek
  • Rugby
  • Netbal
  • Dans
  • Skaak
  • Krieket
  • Hokkie
  • Jukskei
  • Fietsry
  • Landloop
  • Gholf
  • Tennis
  • Mini-Netbal
  • Mini-Hokkie
  • Mini-Krieket
  • Pumaki Rugby
  • 7's Rugby
Ons streef daarna om nederig te wees in elke oorwinning maar ook dankbaar met elke nederlaag. Ons pak elke geleentheid, byeenkoms en wedstryd met trots en ywer en gee net ons beste. Ons streef daarna om ons leuse; Oë boontoe, vasberade vorentoe, elke dag uit te leef.

Kultuur

Alle leerder van graad R tot 7 kan deelneem aan die Interne Redenaars kompetisie indien hul toesprake voldoen aan die vereistes soos uiteengesit deur die ATKV, waar die skoolspanne dan gekies sal word.
Laerskool Kruinpark het 'n Drama klub waar leerder kan uitdun om aan drama kompetisies soos Artistatue en Con Spirito deel te neem.
Elke tweede jaar het ons massa revue waar die hele skool van graad R tot 7 deelneem aan die vertoning. Daar word altyd hard geoefen om 'n spogproduksie op die planke te bring.
Hierdie kompetisie is eksklusief vir ons graad 7 leerders. Deur middel van uitdunne word hulle beoordeel deur onafhanklike beoordelaars en dan word die top 10 seuns en top 10 dogters gekies en die finale kroningsplegtigheid vind gewoonlik in die tweede kwartaal plaas.
Nie net het ons Landsdiens nie, maar is ons ook die grootste klub in Suid-Afrika. Ons leerders leef die 4 liefdes van Landsdiens uit. Liefde vir God, medemens, natuur en arbeid.

Dissiplinêre Stelsel

Die hoofdoelwit van die dissiplinêre stelsel is om 'n ordelike skool milieu te skep, waarbinne sinvolle opvoeding kan plaasvind en waarin elke leerling optimaal baat kan vind by die onderwys van die skool.
DEUR MIDDEL VAN 'N OPVOEDKUNDIGE BENADERING.
Die skool se dissiplinêre stelsel sal te alle tye in 'n gees van goedgesindheid, liefde en ondersteuning toegepas word. Dit impliseer die volgende:
  1. Leerlinge sal met die nodige sensitiwiteit en begrip aan die toepassing van reëls en regulasies onderwerp word.
  2. Simpatieke gesag leiding sal te alle tye met die leerling geskied, want die leerling het die reg om aangehoor te word.
  3. Erkenning van die kind se waardigheid en eiesoortige aard van die spesifieke lewensfase waarbinne die kind hom/haar bevind, sal deurgaans prioriteit geniet.
  4. Skorsing moet slegs oorweeg word nadat alle pogings aangewend is om die gedrag van die leerling te verbeter.
Kontak gerus vir meneer Barnie Botha, per E-pos na adjunk@kruinpark.co.za, of maak met hom 'n afspraak deur die skoolkantoor te skakel by 0176348242.
Laerskool Kruinpark se dissiplinêre stelsel is van so aard opgestel op ons D6 stelsel, dat ons u as ouer wil bemagtig en op datum hou met wat by die skool aan die gang is. Wees verseker, dat u geskakel sal word, indien dit ernstige gevalle is. Wanneer u 'n kennisgewing ontvang, is dit nadat die onderwyser reeds telkemale die probleem aangeroer het en daar nie verandering was nie.

Borge, Bemarking en Advertensie

Ja, daar is verskeie advertensie geleenthede by ons beskikbaar, kontak gerus die bemarker by bemarking@kruinpark.co.za om die opsies te bespreek.
Ja, daar is 'n fooi betaalbaar om op ons Facebook-blad te adverteer, kontak gerus die bemarker by bemarking@kruinpark.co.za om die opsies te bespreek.
Daar is jaarliks 'n Gholfdag wat Laerskool Kruinpark aanbied, waar u as borg kan optree. Laerskool Kruinpark het ook die heeljaar verskeie aktiwiteite wat ons borge benodig.

Indien u spesifiek vir sport of 'n sportsoort as borg wil wees, is daar 'n roete wat gevolg moet word. Om meer rakende sportborg geleenthede uit te vind, stuur 'n E-pos aan die Sporthoof by sport@kruinpark.co.za.

Indien u spesifiek vir kultuur of 'n kultuur aktiwiteit borg wil wees, is daar 'n roete wat gevolg moet word. Om meer rakende kultuur borg geleenthede uit te vind, stuur 'n E-pos aan die Kultuur hoof by kultuur@kruinpark.co.za.

Dit is belangrik dat u eers die korrekte stappe volg om 'n borg by die skool te wees, sodat u verseker kan wees dat u die geleentheid om u besigheid te adverteer, ten volle benut.