Laerskool Kruinpark

Ouer_Leerder_Gids

Ouer & Leerder Gids

Nuwe Leerders Inskrywing

Toelatingsvereistes


Die vermoë om Afrikaans voldoende te verstaan en te gebruik, aangesien die skool as Afrikaansmedium skool bedryf word.

Die toepaslike vereistes in die Regulasies.

‘n Leerder se ouer of voog permanent in die onmiddellike omgewing van die skool woonagtig is en die skool die naaste redelikerwys toeganklike laerskool aan sodanige woonplek is.

Die feit dat 'n leerder se broer of suster 'n leerder by die skool is of was.

Enige ander faktor wat na die mening van die skoolhoof of die beheerliggaam redelikerwys in ag geneem behoort te  word by die oorweging van 'n aansoek om toelating.

Wat se dokumente is nodig om te kan inskryf

Die volgende DOKUMENTE moet die INSKRYWING vergesel:

  • Geboortesertifikaat
  • Immuniseringskaart
  • Bewys van verblyf
  • ID van beide ouers

Kontak besonderhede vir meer inligting

Shirley Naudé skoolfonds@kruinpark.co.za 

Klerewinkel

Laerskool Kruinpark spog met ‘n nuwe klerewinkel wat vir u gemak en gemoedrus beskikbaar is.

Klerewinkel word behartig deur Jakkie Dreyer. Sy help graag!

Klerewinkle Tye

Maandae tot Donderdae: 08:00 - 14:00
Vrydae: GESLUIT
Publieke vakansie dae: GESLUIT
Skool vakansie tye: GESLUIT

Indien jy nie hierdie tye kan maak nie, stuur 'n e-pos na admin2@kruinpark.co.za en sy pas jou kind en tref reëlings vir die betaling via EFT. Om ‘n klere pryslys of prys van ‘n item te kry, skakel vir Jakkie Dreyer gerus. Met dié dat aankope pryse wisselvallig is, verskil die pryse tussen aankope.

Kleredragreëls

Wees asseblief bewus, dat die kleredragreëls elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het.  Maak altyd seker dat u op D6 Connect ook kyk na die kleredragreëls wat onder Hulpbronne gestoor word.  Indien u onseker is oor enige klerereëls, rig u navrae aan die algemene administrasie e-pos, admin@kruinpark.co.za, sodat daar vir u terugvoer verskaf kan word.

Kleredragreëls vir 2023

Kontak besonderhede vir meer inligting

Jakkie Dreyer admin2@kruinpark.co.za

Busdiens

Daar is busroetes wat elke oggend en elke middag teen 'n billike fooi ‘n diens lewer aan ouers wat vervoer vir hul kinders benodig.

Geen bus van Kruinpark word bestuur deur bestuurders wat nie die nodige openbare bestuurderslisensies het nie.

Leerders van Kruintjie Kleuterskool ry saam met ouboet en ousus in die bus.

Kruinpark dra die veiligheid van hul leerders baie na aan die hart, daarom word leerders reg voor hulle huise op- en afgelaai. Die busdiens is slegs in Secunda area en dit sluit Evander, Trichardt, Bethal uit.

Kontak besonderhede vir meer inligting

Carien Rossouw debiteure@kruinpark.co.za

Skoolfonds

Laerskool Kruinpark se skoolfonds is vooruit betaalbaar oor slegs 10 maande. Februarie tot November.  Laerskool Kruinpark poog elke jaar om ons skoolgelde so bekostigbaar as moontlik vir ons leerders en hul ouers te hou.

Kontak besonderhede vir meer inligting

Carien Rossouw debiteure@kruinpark.co.za

Snoepie

Laerskool Kruinpark se snoepie word deur ‘n eksterne persoon behartig en bestuur. Elaine Ogle is sinoniem met ons snoepie!  Vir enige navrae oor die snoepie kan u ‘n e-pos rig na ons algemene administrasie e-pos, admin@kruinpark.co.za, waarna ons aan u inligting sal stuur.

Die snoepie se spyskaart word elke kwartaal op Laerskool Kruinpark se FB Blad gelaai en ook aan ons ouers op D6 Connect deurgestuur.  Die snoepie het verskeie opsies om van te kies en betaling geskied direk aan Elaine Ogle.


Algemene skool inligting en dokumente

Skoollied

Aan die kant van Secunda

Staan ons Kruinpark skool,

‘n skool met tradisie en trots.

Dis die skool waar ons kinders

‘n toekomsvisie kry,

gebou op ons Skepper, ons Rots.

 

KOOR:

Glo, leer en leef

is die leuse wat ons streef.

In voor- en teëspoed

Hou ons altyd goeie moed.

Op God kan ons vertrou,

Hy’s die Een wie ons behou.

Die Een wie ons behou.

 

Deur te glo in ons Skepper,

Te leer soos Hy ons lei,

Sal ons wysheid en kennis verkry.

Met geloof en met kennis,

Met harde werk en leer,

Sal ons vorder en leef tot Sy eer.

 

KOOR  X 2



Erekode

Ons dank God, ons Skepper en Verlosser, vir lewe en gesondheid.

Ons is dankbaar vir die voorreg om te kan skoolgaan en leer.

Ons belowe om elke dag ons talente voluit te gebruik in alles wat ons doen.

Ons sal altyd onsself, ander leerders en die personeel van Laerskool Kruinpark respekteer.

Ons sal streef daarna om vriendelik, eerlik en betroubaar te wees.

Ons is trots op ons skool en sal die terrein skoon en netjies hou.

Ons sal nooit opgee nie en volhard met ons akademie, kultuur en sport.

Ons is Laerskool Kruinpark.

Oë boontoe, vasberade vorentoe.

Druk hier om die Erekode af te laai.

Gedragskode vir leerders

Wees asseblief bewus, dat die gedragskode elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het, dus kan die gedragskode wat hier verskyn, nie die nuutste weergawe wees nie.

Druk hier om die Gedragskode af te laai

Skoolreëls

Wees asseblief bewus, dat die skoolreëls elke jaar opdateer word en aangepas word na gelang van wat deur die vorige jaar gebeur het, dus kan die skoolreëls wat hier verskyn, nie die nuutste weergawe wees nie.

Druk hier om die dissiplinê riglyne af te laai.

Kruinraad (Graad 7 - Leierskapsontwikkelingsprogram)

Leierskap is nie net oor die posisie van mag nie, maar die vermoë om te inspireer, motiveer en om ‘n gedeelde doelwit te bereik.

Dit is die doel van Laerskool Kruinpark se Leierskapsontwikkelingsprogram. Die idee is om leiers te kweek gedurende hul graad 7 jaar, sodat hulle die voorbeeld is vir die res van die leerders in die skool. Dit gee ook die geleentheid vir ons graad 7 leerders om die selfvertroue te kan ontwikkkel om leiding te neem in ‘n verskeidenheid situasies.

Hierdie program berei ons graad 7 leerder voor vir die toekoms! Met die wêreld wat op ‘n daaglikse basis verander, is dit nodig om leiers te vorm wat kreatief is, innoverend kan optree en die vermoë het om by veranderende omstandighede aan te pas. Ons gee aan ons hele graad 7 klasgroep die gereedskap wat hulle nodig het om in vandag se wêreld aan te pas.

Dit vorm ook ‘n sin van gemeenskap en samewerking onder ons graad 7 leerders. Om leerders aan te moedig om saam te werk, moedig dit hulle aan om mekaar se sterkpunte en vaardighede te waardeer. Dit maak ons leerders gereed vir hul hoërskool loopbaan.

Deur ons leerders toe te rus met die vaardighede en eienskappe wat nodig is om te lei, ontwikkel ons ‘n generasie van idividue wat kreatief, innoverend en toegerus is om die uitdagings wat die toekoms in hou aan te pak.

Laerskool Kruinpark is die eerste Laerskool in en om ons omgewing wat die groot sprong geneem het om weg te beweeg in 2021, van die tradisionele leierskap posisie.

Elke leerder kry deur die jaar gelyke geleenthede om deel te neem aan aktiwiteite.  Elke graad 7 kry ‘n beurt om te open oor te interkom vir die skool, om te open in die saal asook die erekode te lees, die vlae te hys en weer te bêre.  Hulle het ook ‘n rooster waar hulle elke week diens doen. Dit gee ons graad 7 leerders ‘n ongelooflike hupstoot vir die hoërskooljare en sien ons die verskil met ons leerders in die hoërskool.

Die graad 7 groep saam met hul ouers, word ook elke jaar betrek om deel te neem aan ‘n sosiale projek, waar ons elke jaar ons plaaslike skool, Marietjie Skool ondersteun met verskeie projekte wat hulle nodig het as ‘n LSEN skool.  Marietjie Skool lê Laerskool na aan die hart en daarom is dit ‘n deurlopende projek.

Wat hierdie leierskapsontwikkelingsprojek uniek maak, is dat ons graad 7 leerders regdeur die jaar opleiding ontvang, weekliks klasse bywoon, wat deur die Kruinraad personeel behartig word en baie aspekte van die lewe, soos vergaderings, notules, begroting, leierskap, ens. bespreek en behandel word.  Elke kwartaal kry die leerders ook ‘n spreker wat oor sekere kwessies met hulle kom praat en doen hulle ook spanbou aktiwiteite om saamwerk te vestig.