Laerskool Kruinpark

Kultuur-Kruinpark

Kultuur

Kruinpark Kultuur

By Laerskool Kruinpark glo ons dat kultuur ‘n unieke geleentheid skep waarop ons leerders hulself kan uitbeeld. In ‘n wêreld waar tegnologie en wetenskap begin oorneem, is dit belangrik dat ons vir ons leerders die geleentheid skep, om hul kreatiwiteit en verbeelding deur Kultuur te ondersoek. Deur te redeneer, sing en drama te doen kan leerders hulle gevoelens, gedagtes en idees uitbeeld op ‘n manier wat werklik hul eie is.

Kultuur help leerders om kritieke denke te ontwikkel, vereis van leerders om te leer hoe om probleme op te los en om besluite te kan neem. Hierdie vaardighede is nie net belangrik vir die sukses van kultuur nie, maar ook vir alledaagse lewe.

Kultuur by Laerskool Kruinpark help ook ons leerders om ‘n dieper waardering te ontwikkel vir diversiteit en kulturele verskille. Dit help ons leerders om ‘n meer inklusiewe en verdraagsame gemeenskap te vorm.

Kultuur speel ook ‘n belangrike rol in die emosionele en sosiale ontwikkeling van leerders. Deur deelname aan kultuur aktiwiteite leer ons leerders belangrike vaardighede soos spanwerk, kommunikasie en leierskap. Dit ontwikkel ook selfvertroue en ‘n gevoel van prestasie, wat hulleself bereik op hul eie terme, wat ‘n positiewe invloed het op hul geestesgesondheid en welstand.

Kultuur by Laerskool Kruinpark is nie net nog ‘n luuksheid nie, maar ‘n belangrike deel van ‘n goed gevormde opvoeding. Dit speel ‘n belangrike rol in ontwikkeling van ons leerders se toekoms.

Die Kultuur aktiwiteite wat ons tans aanbied is onder meer:

MMKP (Meneer en Mejuffrou Kruinpark)

Mnr. en Mej. Kruinpark bied graad 7 leerders die geleentheid om ‘n wye reeks vaardighede en ervarings op te doen tydens ‘'n paar maande se sosiale voorbereiding. Die kompetisie is nie ‘n skoonheidskompetisie nie, maar fokus eerder op persoonlikheid. Die wenners van die kompetisie tree ook as ambassadeurs op vir die skool.

Kruinpark Mnr Mev Kruinpark


Kruinpark Revue

Revue

Revue vind elke tweede jaar plaas. Elke jaar is daar ‘n opwindende tema. Die doel van die revue is om massa deelname aan te moedig , omdat die revue strek van graad R tot graad 7. Die gee al die leerders ‘n geleentheid om te sing en dans en hulself te geniet. Revue is gewoonlik vroeg in die vierde kwartaal en beslis iets om na uit te sien op die kultuur kalender van die skool


Junior en Senior Koor

Gun aan elke leerder die geleentheid om hul sangtalent te ontdek en te ontwikkel en ook om kompeterend deel te neem aan verskeie kompetisies en die Eisteddfod.  Albei kore van Laerskool Kruinpark in die Sing in Harmonie kompetisie en ander kompetisies soos ATKV Applous en Con Spirito is in die pyplyn. Koor leer vir kinders ‘n ander vorm van discipline wat hulle dwarsdeur alle vlakke van hulle lewe kan trek. Koor is spesiaal. En by ons koor word jy deel van ‘n wonderlike familie.

Kruinpark Koor


Kruinpark Redenaars

Redenaars

Die doel van Redenaars by Laerskool Kruinpark is die volgende:

  • Om kinders se taalgebruik te bevorder.
  • Om kinders se vermoë om oortuigend voor ‘n gehoor te praat, te bevorder.
  • Om die leerders die geleentheid te gee om kompeterend deel te neem.


Grondslagfase:

  • Elke graad 1 tot 3 leerder doen ‘n mondeling tydens klas periode, waartydens hulle voog onderwysers die beste sprekers uit die klas kies vir die volgende ronde.
  • Die hele graad se verkose leerders praat dan saam in die saal, waar 12 leerders uitgekies word om aan die Interne redenaarskompetisie deel te neem.

Intersenfase:

  • Leerders wat belangstel om deel te neem, kom gee hulle name op.
  • ‘n Sperdatum word gegee vir die leerders om hulle toesprake te bring vir goedkeuring. Indien dit nie aan die standaarde voldoen nie, of die leerder nie ‘n toespraak het nie, verbeur hy / sy die geleentheid om deel te kan neem aan die Interne redenaarskompetisie.
  • Leerders wat voldoen aan bogenoemde vereistes, mag deelneem aan die Interne Redenaarskompetisie.

Bybel Vasvra

Die doel van Bybel vasvra is om ‘n liefde vir die Woord van die Here te kweek terwyl leerders se kennis en hantering van die Bybel verbeter.

Die aktiwiteit het ewigheidswaarde, maar help ook met groepswerk, leesbegrip, hantering van groot massa-inligting en die ontwikkeling van studie metodes. Dit skenk aan leerders die geleentheid om te sosialiseer in ‘n situasie waar dit nie vreemd is om oor die Bybel te praat nie.

Kruinpark Bybel Vasvrae


Kruinpark Drama

Drama klub

Die doel van ons skool se drama klub is, om aan leerders die geleentheid te gee om aan drama kompetisies deel te neem. Om hulle talente te ontwikkel sodat hulle kan groei in voordrag, poësie, prosa, monoloë ensovoorts. Hulle kan deelneem aan kompetisies soos Artistatue, Con Spirito en dan natuurlik ook die plaaslike Hoëveldrif Eisteddfod wat elke tweede jaar plaasvind. Enige leerder kan hul name kom opgee vir drama klub, en dan sal leerder deur ons bekwame personeel ondersteun word in hul drama stuk keuses en ook ‘n bietjie hand bysit met die afronding daarvan.


Landsdiens

Laerskool Kruinpark spog met die grootste Landsdiens klub in Suid-Afrika.

Ons organisasie het 4 liefdes wat ons uitleef naamlik:

  • Liefde vir God.
  • Liefde vir ons medemens.
  • Liefde vir die natuur.
  • Liefde vir arbeid / diensbaarheid.

Hier word die jeug se talente en geestelike groei ontwikkel om hulle toe te rus met die vaardighede om uitdagings en probleme op ‘n daaglikse basis te kan hanteer.  Waardering en respek vir ander kulture word by Landsdiens lede aangemoedig.

Leerders van graad RRR tot 7 kan deel wees van die Landsdiens. Daar is maandeliks byeenkomste en ‘n klub kamp vir ons graad 6 en 7 leerders waar hulle dan gekies kan word vir die provinsiale kamp. En later in die jaar kry ons graad 4 en 5 leerders ook die geleentheid om te gaan kamp. Want, KAMP is MOS LEKKER.

Kruinpark Landsdiens


Leesfees

Die leesfees by ons skool identifiseer die beste lesers in elke grad deur ‘n interne kompetisie te hou. Hierdie kompetisie identifiseer dan die leerders wat ons gaan inskryf vir nasionale lees kompetisies soos Con Spirito, Artistatue en Podiumpret.


Spel-a-thon/ Spelfees

  • Dit is van kardinale belang om ‘n taal so korrek as moontlik te leer verstaan, praat en skryf.
  • Spelling is ‘n voorvereiste vir effektiewe geskrewe kommunikasie. Om leerders se taalkennis en Afrikaanse woordeskat uit te brei en effektiewe taalgebruik aan te moedig.
  • Om die strewe na prestasie by leerders te versterk en uitnemende leerders te identifiseer.
  • Om leerders te bemagtig ten opsigte van korrekte uitspraak en spelling van woorde.
  • Neem deel aan die WOW Spelfees.

Kruinpark Spelfees


Kruinpark Koerant

Koerant Redaksie

Die redaksiespan bestaan uit 10 tot 15 lede. Daar word ‘n lys opgesit van name waarna daar onderhoude gevoer word met die leerders. Die doel van die redaksie is om te help met die bemarking van die skool. Die leerders dien as “joernaliste” van ons skool wat al die nuutste nuus en gebeurtenisse deurgee. Daar word ‘n redakteur / redaktrise aangestel elke jaar, gebaseer op die aantal jare by die redaksiespan. Elke redaksielid ontvang erkenning vir hul deelname asook lidmaatskap. Daar is ook 3 fotograwe; akademie, kultuur en sport.


Spelling Bee

Aim: To encourage and improve the spelling of grade 4 to 7 pupils and to promote the excellence of our spellers in the form of a competition.

Participants: 4-5 learners per grade are chosen for the internal competition that takes place at our school hall. The best TWO are chosen to take part in external competitions, depending on how many other schools participate that year. Learners are chosen throughout class periods based on their spelling capabilities. 

Competitions:

  1. The Internal Spelling competition
  2. External (Inter-school) competitions
  3. Departmental Spelling Bee competitions

Kruinpark Spelling Bee


Kruinpark Cool Club

Cool Klub

Cool Klub staan vir Christus Ons Oorwinnaar Leef. Cool Klub is ‘n lofprys klub waar ons leerders die geleentheid kry om die Here te loof en prys deur te luister na besoekers, om lekker saam te sing en te jubel in God se naam. By Laerskool Kruinpark is ons Christelike geloof baie belangrik en daarom leef ons dit uit deur gereeld deur die jaar op Woensdae tydens eerste pouse net nog meet tyd saam met God kan spandeer.


Buddies

Daar word elke jaar 10 “Buddies” gekies.

Die doel is om leerders tydens pouse te ondersteun met probleme, soos boelie situasies, persoonlike probleme en kinders wie nie maats het nie of sukkel om maats te maak. Dit is ‘n ondersteuningsnetwerk binne die skoolgemeenskap. 

Leerders maak gebruik van die “buddy bench” of die “buddy boks”.  Die “buddy bench” is ’n bankie waar leerders kan gaan sit tydens pouse, waar daar dan ‘n buddy by hulle sal kom sit en met hulle gesels.  Die “buddy boks” is ’n boks waar leerders probleme wat hulle ervaar anoniem of met hulle naam op, binne-in kan plaas en vir hulp en ondersteuning vra.

Kruinpark Buddies


Kruinpark Gebeds Groep

Gebedsgroep

Daar is 8 gebedsleiers, een per graad en twee by graad 1. 

Gebedsgroep word gesien as verdienstelikheid en om geestelike groei aan die leerders van Kruinpark te besorg. 

Daar is een uitreik per kwartaal. Dit sluit in; Davieshof, die Highveld Ridge DBV, Marietjie Skool en Janelle huis. 

Die leerders wie gereeld die Gebedsgroep bywoon word in ag geneem om saam te gaan na elke uitreik.


Read-a-thon

Die Read-a-thon vind jaarliks, tydens die eerste kwartaal plaas vir 9 weke vir graad 4 tot 7 leerders. Elke Engelse vakonderwyser ontvang die inligting ten opsigte van die Read-a-thon waarby daar ‘n kriteria is asook gereelde boek kontrole. Daar word ’n wenner per graad aangekondig. Die wenner is die leerder wat die meeste boeke gelees het tydens die kompetisie tydperk. 


Kruinpark Trompoppies

Trompoppies

Elke dogter van graad 1 tot 7 kan jaarliks uitdun vir hierdie prestige kultuur aktiwiteit. Die dogters oefen baie hard om elke passie so flink en fraai soos net ‘n Kruinpark dogter dit kan doen, uit te voer. Uitdunne word gedoen deur eksterne beoordelaars en die spanne word uiteengesit volgens die dansgroepe, die vlag meisies en die stokke. Ons Trompoppies neem deel aan die SAMCA kompetisie en elke jaar word daar met groot opgewondenheid uitgesien na wat die Trompoppies gaan lewer.


Eisteddfod

Laerskool Kruinpark glo aan die holistiese ontwikkeling van elke Kruinpark leerder, daarom poog die skool om so veel as moontlik leerders die geleentheid te bied om hulle talente te ontwikkel en ten toon te stel. Die tweejaarlikse Eisteddfod is een van daardie geleenthede.

Die Eisteddfod is ‘n gulde geleentheid om:

  • Leerders se talente te ontdek en te ontwikkel.
  • Liefde vir die kunste te kweek.
  • Selfvertroue te ontwikkel.
  • Selfdissipline uit te bou.
  • Die opvoeding van die leerders uit te bou in terme van gehoor etiket en respek.

Afdelings waaraan leerders kan deelneem:

  • Skryfkuns
  • Skeppende Kuns
  • Vokaal
  • Instrumentaal
  • Dans
  • Afrikaans Spraak en Drama
  • English Speech and Drama

 

Kruinpark Eistedfodd