Laerskool Kruinpark

Wie is ons

Wie is ons

Skool se Geskiedenis.

Laerskool Kruinpark, as vierde Afrikaans Medium Laerskool open op 11 Januarie 1989 met 571 leerlinge en 26 onderwysers.

Op 24 Februarie word die skool amptelik as Laerskool Kruinpark met die leuse “Glo, Leer en Leef” bekend gestel.  Mnr. D.J.F. Laubscher word aangestel as die eerste permanente hoof van Laerskool Kruinpark.

Met toewyding en liefde begin Mnr. D.J.F. Laubscher om die leë turf op te bou tot 'n uitnodigende en kindervriendelike speelterrein. Die Juniorspeelgrond is binne die eerste kwartaal geplant. Geen harde werk was te swaar vir oom Dirk se hande nie!

Die ouer gemeenskap is van die begin af positief betrokke by die skool.

Mnr. B. Viljoen word verkies tot voorsitter van die eerste bestuursraad van die skool. Op 26 Junie 1989 word 500 vierkante meter grassooie tydens 'n reuse grasplantaksie deur hoof, personeel en leerlinge gelê, danksy 'n donasie deur ouers. Teen 18 April is die atletiekbaan en eerste rugbyveld reeds gevestig.

Theo Vermaak en Sonja Greeff word aangewys as die eerste hoofseun en hoofdogter van Laerskool Kruinpark.

Om aan die groeiende behoefte van werkende ouers te voldoen, open Laerskool Kruinpark in 1995 'n naskoolsentrum.  Die naskoolsentrum is beskikbaar vir Laerskool Kruinpark leerders vanaf graad 000 regdeur tot graad 7.

Op 1 Januarie 2001 open Kruintjie Kleuterskool sy deure met Me. Ina Penzhorn as hoof.  Kruintjie Kleuterskool het graad 000, graad 00 en graad R klassies. Die kleuterskole het ook hul eie veilige speelgronde, weg van die laerskool se speelgronde.


welkom

Mnr. C.A.D. Heese is as hoof aangestel by Laerskool Kruinpark in 2018.  Hy het ‘n massiewe projek van stapel gestuur vanweë die besef dat tegnologie, robotika en innoverende denke, ons leerders se toekoms gaan wees.  Vanaf 2019 tot 2021 word elke klaskamer toegerus met slimborde wat aanlyn werk.

Laerskool Kruinpark word in Januarie 2020 die eerste Afrikaanse skool in Mpumalanga wat Robotika en Kodering as vak aanbied vir graad R tot en met graad 7 leerders.  Laerskool Kruinpark is nou betrokke met ander skole om hulp en leiding te bied wat ook Robotika en Kodering wil aanbied en het menigte skole al op ons skoolterein verwelkom. 

In 2022, onder leiding van meneer Cuen Coetzee, skryf Laerskool Kruinpark ons eerste Lego League span in om aan die First Lego League, Gauteng-Suid se streek kompetisie deel te neem en ontvang hulle ‘n 2de plek vir “core values award”.  Tegnologie is die pad vorentoe en Laerskool Kruinpark poog om die fondasie vir ons leerders se toekoms stewig vas te lê!

Saal

Die skool se badkamers kry in 2021 'n nuwe baadjie wat beslis die reputasie van skoolbadkamers 'n nekslag toedien! Met moderne teëls, nuwe spieëls, gordyne en opgegradeerde toilette, gebruik leerlinge en besoekers met vrymoedigheid die badkamers.

Laerskool Kruinpark is die eerste skool in Secunda en omliggende omgewings wat weg beweeg het van die tradisionele leiers kies en ‘n leierontwikkelingsprogram begin het in 2021, waar die hele graad 7 groep deel is van die ontwikkelingsprogram en op ‘n roterende basis elkeen geleentheid kry om aan alle aktiwiteite by die skool deel te wees op verskeie vlakke. 

Elke graad 7 leerder kry ‘n beurt om vir die skool te open, die vlag te hys, by aktiwiteite leierskap te neem, organisering van geleenthede ensovoorts.

Laerskool Kruinpark het klein begin, maar gegroei tot 'n moderne, netjiese, goed instandgehoude en toegeruste skool wat voorsien aan die behoeftes van leerders en hul ouers deur 'n volledige diens te lewer met 'n kleuterskool, skool en naskoolsentrum, sowel as ‘n busdiens, op een terrein.

Alhoewel Kruinpark die jongste skool in Secunda is, het die skool reeds gevestigde tradisies wat van elke leerling 'n ware Kruinparker maak!

Ons skool is gevestig in, en volg Christelike waardes.

Ons skool het puik, gekwalifiseerde onderwysers.

Ons stap die ekstra myl om aan elke leerder se behoeftes te voldoen.

Elke kind is uniek en word geleentheid gebied om deel te neem aan akademie, sport & kultuur.

Laerskool Kruinpark bied ‘n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite sodat daar vir elkeen iets is.

Hier by Laerskool Kruinpark word groot klem gelê op akademie.

Ons onderwysers maak seker dat elke kind veilig en geliefd voel.

Elke kind word ontwikkel tot hulle volle potensiaal deur top onderrig van top gekwalifiseerde onderwysers. 

Elke kind is vir ons spesiaal en nie net ‘n nommer nie.

Daar vind deurlopende kommunikasie tussen onderwysers en ouers plaas op D6 Connect en Facebook.

Kruinpark is ‘n skool waar die Hoof, Mnr. Danie Heese se deur altyd oopstaan vir ouers.  U kind se welstand is vir ons belangrik!

Kruinpark is voorwaar DIE SKOOL waar elke leerder ‘n geleentheid kry om te ontwikkel!


Bestuur

Meneer Danie Heese Skoolhoof
Meneer Barnie Botha Adjunkhoof
Juffrou Marianna Victor Departementshoof: Opvoedkundige Leiding
Juffrou Diana van Wyk Departementshoof
Meneer Jan-Divan Preuyt Departementshoof
Meneer Wihan Engelbrecht Sporthoof
Meneer Stefan Nienaber Kultuurhoof
Meneer Johann Grib Addisionele Bestuurslede
Juffrou Soné Sykes Addisionele Bestuurslede
Juffrou Sharné Engelbrecht Addisionele Bestuurslede

Admin Personeel

Alita Mans Ontvangs, in- en uitteken, Departement hulp
Shirley Naudé Kassiere, Admin graad 000 tot graad 7, Inskrywings
Carien Rossouw Debiteure, Hulpfonds, Busdiens, Naskool
Ankia Emslie Administrasie Finansies
Jakkie Dreyer Klerewinkel
Delanie Kruger Bemarking, D6 Connect hulp, Kommunikasie, FB Blad instandhouding, Fondsinsamelings
Innes Stroebel Faktotum, skool instandhouding

Kruintjie Pre-primêr

Departementshoof Juffrou Diana van Wyk
Graadhoof Kleuters Juffrou Ninette Booysen
Graad 000 Rooi Smurfie klas Juffrou Connie Jefferies
Graad 00 Blou Vissie klas Juffrou Ninette Booysen
Groen Safari klas Juffrou Caylin Mc Lean
Pienk Legkaart klas Juffrou Chantal Goosen
Geel Plaas klas Juffrou Roelanda van Loggerenberg
Pers Koala klas Juffrou Nadia Erasmus
Graadhoof Graad R Juffrou Alecia van Blerk
Graad R Skapie klas Juffrou Zané Cilliers
Uiltjie klas Juffrou Amanda Smith
Llama klas Alecia van Blerk
Wolvriendjie klas Susan Bruwer
Hasie klas Bianca Jacobs

Grondslagfase

Grondslagfase sluit graad 1, graad 2 en graad 3 in.

Departementshoof Juffrou Diana van Wyk
Graad 1 Juffrou Diana van Wyk
Juffrou Sharné Engelbrecht
Juffrou Natasha Claasen
Juffrou Hanneri Fourie
Juffrou Melanie Greeff
Graad 2 Juffrou Nikita Kriel
Juffrou Soné Sykes
Juffrou Celesté Preuyt
Juffrou Mennissa Pieterse
Juffrou Stefanie Barnard
Graad 3 Juffrou Magda du Plessis
Juffrou Stephanie van Zyl
Juffrou Anjo Slabbert
Juffrou Natasha Visagie
Juffrou Charné Schnetler

Intermediêre Fase

Departementshoof Meneer Jan-Divan Preuyt
Graad 4 Meneer Corrie Smit
Juffrou Lizelle Carter
Juffrou Angelique van Wyk
Juffrou Ilze Viljoen
Graad 5 Juffrou Jurene Kemp
Juffrou Nadine Barnard
Meneer Carel du Plessis
Juffrou Bernadine janse van Vuuren
Juffrou Kaylan van Wyk
Graad 6 Meneer Wihan Engelbrecht
Meneer Cuen Coetzee
Juffrou Anika Griessel
Juffrou Marisa Erasmus
Juffrou Hildé Kleyn

Senior Fase

Senior fase is graad 7 in die Laerskool.

Departementshoof Meneer Jan-Divan Preuyt
Graad 7 Meneer Hennie Senekal
Meneer Stefan Nienaber
Juffrou Jolinda van der Merwe
Juffrou Marié Grib

Naskoolsentrum

Ons huisie weg van die huis maak voorsiening vir die versorging van werkende ouers se kinders.

Met hulle eie klasse en badkamers vir gebruik in die middae, is die naskool ideaal vir ouers wat toesig vir hul kinders in die middae na skool nodig het. Die kleuterskool naskoolsentrum is veilig omhein met eie speelgrond en klimrame. Die laerskool naskoolsentrum maak gebruik van die rugbyveld vir speeltyd en verskeie grade se klaskamers vir huiswerk tyd.

Onder die leiding van die naskoolsentrumhoof, Me. Hester Steinmann, word die huiswerk en buitemuurse aktiwiteite van die leerders goed bestuur en gekoördineer.

Die personeel van Laerskool Kruinpark se naskoolsentrum maak ook seker dat vakansies vir die leerders prettig is. Hulle word besig gehou met kunsprojekte, bak en brou, "fancy-dress" en prettige aktiwiteite soos springkastele, waterwurms, ens.

  • Geen ekstra fooie word vir vakansies betaal nie.
  • Die naskoolsentrum jaar strek vanaf vroeg in Januarie tot middel Desember.
  • Naskoolsentrum ure gedurende die kwartaal:
  • Kleuterskool: 13:00 - 17:00
  • Laerskool: 13:30 - 17:00
  • Naskoolsentrum ure vakansies: 06:30 - 17:00